Eienaars:
~Nikita
~Ableman
Admin/Ops:
&Amarige
&Firefly

Volwasseklets

Die Beste Afrikaanse Kletskamer

!! WEN !! WEN !! WEN!!

NB!! Die Kompetisies sal hardloop vanaf 1 tot 31 Augustus 2020

WHOOPI !!

Ons het 3x R250 kontant pryse op die spel! 


3 kompetisies

3 wenners

Elk R250 


Sien asb verdere inligting onderaan asook die reëls



1. Beste "Caption" 

Watse "caption" (opskrif) sal jy vir hierdie foto gee? 






Hoe om in te skryf:

1. Kliek hier om na ons "Kontak Ons" bladsy te gaan.
2. Vul die vorm in met jou "Nick" en jou epos adres.
3. By die "Message" afdeling begin met "Beste Caption" en dan onderaan  die caption wat jy sal gee en dan kliek jy op "Contact Us" om jou inskrywing in te dien.  Volg dan link om terug te keer.

2. Raai wat is die klank 

Luister na die klankgreep hieronder en raai wat is die klank.


Hoe om in te skryf: 


1. Kliek hier om na ons "Kontak Ons" bladsy te gaan. 

2. Vul die vorm in met jou "Nick" en jou epos adres.

3. By die "Message" afdeling begin met "Raai wat is die klank" en dan onderaan sê jy vir ons wat jy dink die klank is, kliek dan op "Contact us" om jou inskrywing in te dien.  Volg dan link om terug te keer.

0:00/0:10

3. Kletser met die meeste Bonus punte in #volwasseklets

Soos meeste van julle weet het Skinnerbek 'n Bonus Punt stelsel.

Die stelsel sal ipv "Stats" gebruik word vir die kompetisie. 


Kletsers sal Bonus Punte verdien deur vriendelikheid en goeie gedrag

Kletsers sal Bonus Punte verloor deur vloek en swak gedrag

Reëls:

1. Ons moet tenminste 2 van die 3 besonderhede van jou hê; verjaarsdag, epos, foto. 
   - tik !myinfo in #volwasseklets sodat Skinnerbek vir jou kan sê watse inligting ons van jou het. 

2. Jy mag aan al 3 kompetisies deelneem, maar kan net eenkeer wen. 

3. Met die "Beste Caption" en "Raai wat is die klank" mag jy net een inskryfwing indien. Indien jy meer as eenkeer vir een inskryf sal jy gediskwalifiseer word uit beide die kompetisies.

4. Indien daar meer as een kletser is wat die klank reg geraai het sal ons 'n raffle hou met Skinnerbek se raffle om die wenner te bepaal.

5. Om te kwalifiseer moet jy tenminste 15dae gedurende 1 - 31 Augustus teenwoordig gewees het in #volwasseklets. Skinnerbek sal logs/stats hou gedurende die tydperk wat sal bepaal of jy kwalifiseer of nie. 

R750 gesponsor deur kletsers wat anoniem wil bly.
 #volwasseklets wil net sê baie dankie!